Thursday, 14 April 2016


Moedertaal


Daar is iets spesiaal rondom Afrikaans, my moedertaal. As persoon druk jy jouself die maklikste uit in die taal van jou ouers. Jy skel, soen, huil, droom en lag in jou moedertaal. Gedigte en musiek praat met die hartkamers, filter deur na die siel en gaan slaap in die onderbewussyn van jou wese.


Sulke mooi woorde, kosbaar, koester, hartsnare...sterredank.


Ek sing dit vir jou, (of eintlik doen Chris Chameleon).
Liefde jou prinses

sterredank


as dit lyk soos dit vandag hier lyk
en my duister uitkyk nie wil wyk nie
is al wat ek sien swart of is dit dalk net
dat ek die swart in alles sien


is dit nie dan, juis dan dat
ek my sterre dank dat
ek jou het nie?


om 'n juk te wees, aanstotend steen
is regtig nie iets wat ek graag wil wees nie
maar jy hou vol dat ek welkom is
in jou smaak val en boonop aardig is


ja die donker is 'n duister ding
waarin 'n mens nog hond nog haar af maak
maar dis die geringe flikkering
wat wanneer kriekies sing
weer sigbaar raak


en as ek opkyk en my sterre tel
dan sien ek daarin hoe hul my toekoms voorspel
en wat ek in hul vorm en ligging lees
is dat die pad vorentoe voorspoedig gaan wees!


- Chris Chameleon