Thursday, 5 May 2016

Sommer net...


'n mooi gedig wat ek onlangs gelees het, en my laat dink het...
aan my ontdekkings reis en groei die laaste jaar.
Na al die dae en nagte kan ek terugkyk en weet ek het iets geleer, lesse toegepas en weer glimlag wat tot my oë strek. Met tyd raak dinge tog beter...


Jy raak my nie meer

Jy raak my nie meer
die haartjies op jou wange
die bitterwit huisies van jou mond
die warm holte van jou hand
die soet lepel van jou tong
die droë distel van jou liefde
roer my nie meer
jy het glansloos geword soos dié om jou.
En nou eers na al die baie stil dae
kan ek sonder hartseer
aan jou dink
en bly wees oor jy nie weet
hoe my lekhart leegbloei
in my oë.

-Antjie Krog



ms