Tuesday, 5 July 2016

Weskus wonders

Niks so lekker soos 'n vinnige wegbreek vir 'n naweek nie. Weg van die geraas, en werk, en probleme (soortvan) en bekommernisse. Om weg te kom uit jou gemaksone, en dorpies te ontdek wat jy voorheen nog net van gehoor het of op 'n kaart gesien het. Oulike klein wit huisies langs die see, skape en beeste wat in die graslande wei. Treinspore vir kilometers lank wat deur tonnels kerf oppad na hul bestemming.
Verlate vissersbote langs die kus, branders wat teen die rotse breek...die sagte gedruis van die waters as jy die oggend jou oë oopmaak.
Wit see sand in jou skoene want dis hopeloos te koud om kaalvoet te loop. 'n Pragtige sonsondergang en kuier saam met vriende.
Weskus dorpies betower my....ek sal gou weer terugkom...ek belowe...


  
 M