Thursday, 2 March 2017

Grootmens dinge

As kind het mens altyd gewens jy word groot, of jy wil saam met die grootmense sit en kuier of jy wil werk...jy is nie meer lus vir huiswerk doen nie. Maar dan raak jy groot en jy het verantwoordelikhede. Jy moet rekeninge betaal, jou eie kos maak en elektrisiteit koop.
Om 'n groot mens te wees is lekker, maar party dae sukkel jy maar, en jy dink nostalgies terug aan die dae van kindwees...