Friday, 24 March 2017

Oop pad...

Dis dor en droog 
grondpaaie deur die Karoo
nageslagte se grafte wat kyk na die son
verlate plaashuise wat stories vertel,
windpompe wat soek na water
stof orals
swart bossies
dis dor en droog
maar jy gaan aan
en kyk op...
want waar anders kom jou hulp vandaan....?