Wednesday, 31 May 2017

Totsiens Mei

Dis weer daardie tyd van die maand...maandeinde...dol dae by die werk en laat aande. Dis winter is hier en dis al lankal donker as jy by die huis aankom met 6 bruin ogies wat vir jou loer deur die hek....vol verwagtinge en opgewondenheid omdat jy uiteindelik by die huis is. Dit was 'n lang dag vir jou, maar vir hulle sekerlik nog langer.

Dis droog in die Kaap, in die land en ons bid vir reën. Van môre af mag ek net 2min stort...of so iets. Quick quick. My conditioner sal moet korter aanbly en weet nie so mooi van die beenhare skeer nie (dis tog winter :)) Ons doen maar elkeen ons deel waar ons kan en dra emmers water aan om die bietjie nie-so-groen gras te red.

Ek & Chris is kinderlik opgewonde oor ...(insert your own thought here)...dis 'n geheim todat ons weet wat gaan vir wat :)
Exciting times ahead...whoo hoo!

Ek geniet nog my "af-tyd" as ek dit so kan noem. Volgende semester se registrasie open eers middel Junie, alhoewel ek besluit het om maar na die naweek weer die handboek oop te maak. Beter voorbereid te wees die kwartaal sodat ek alles kan inpas. Dit mag 'n paar opwindende en stressvolle maande wees wat voorlê. But what is life without it's challenges?

En dit is Mei maand....kan jy glo môre is die 6de maand van die jaar...halfpad, amper weer Kersfees! Sjoe.

Happy times.

xxx